Local newsUpdate

Operasie uitgestel op Jason se 22e verjaarsdag

Jason Jordaan wat in 'n gru-motorfietsongeluk betrokke was spandeer sy 22e verjaarsdag in die hospitaal. Sy oupa het die jongste nuus oor sy kleinseun gedeel.

Jason Jordaan wat verlede maand in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke was vier vandag (20 Maart) sy 22e verjaarsdag in die hospitaal.

Die News het onlangs berig hoe die jong motorfiestryer vir sy lewe geveg het. Hy het verskeie ernstige beserings opgedoen en familie hoop en bid dat hy sal herstel.

• Lees ook: Jason Jordaan’s road to recovery: Family remains hopeful amid challenges

Jason se oupa, Jorrie Jordaan, het wel die News ingelig dat dinge nie goed gaan met hom nie.

“Hy sou vandag ingaan vir ‘n operasie maar is teruggestuur omdat die verpleegster nie saam was nie.

Die operasie is uitgestel tot volgende Woensdag,” het Jorrie bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button