Tannie Koekie vier 99 jaar
Wat is die geheim vir 'n lang lewe? Tannie Koekie Snyman, wat onlangs 99 jaar oud geword het, deel haar storie.
Een van Krugersdorp se oudste inwoners, Koekie Snyman, beter bekend as tannie Koekie, het onlangs haar 99e verjaarsdag gevier.
• Lees ook: Op haar vrywillige pos vir 30 jaar al
Tannie Koekie was gebore op 18 Maart, 1926 en woon in die Memorial woonstelle in die middestad. Op haar verjaarsdag was daar ‘n verrassingspartytjie vir haar gereël met familie en vriende teenwoordig om elke oomblik te geniet.
Tannie Koekie se suster, Abigail Stockenstroom, verjaar ook binnekort en sal einde April haar 93e verjaarsdag vier.
Tannie Abigail vertel dat sy en haar suster baie aktief oftewel ‘op en wakker’ was in hul oudae.
“Ons albei doen ons eie huis werk, maak self kos en bak selfs van tyd tot tyd.
Ons is baie dankbaar dat ons op ons ouderdomme nogsteeds so aktief kan wees,” het sy verduidelik.
Tannie Koekie het bygevoeg, “Om 99 te word voel vir my presies soos al die ander jare. Daar is glad nie ‘n verskil nie.”

Sy het ook gedeel wat haar geheim is om ‘n lang en gelukkige lewe te hê.
Jy moet na jouself kyk en gesond bly.
“Wees aktief en moenie te veel pille drink nie maar, die belangrikste is om jou medemens te help en na hul uit te reik,” het sy afgesluit.