Local news

Wes-Randse Skool ontvang rolstoele danksy gemeenskapsinisiatief

Voormalige Mnr Suid-Afrika, Armand du Plessis, het saam met vennote rolstoele aan die Wes-Randse Skool vir leerders met gestremdhede geskenk.

Die Wes-Randse Skool, wat onderrig bied aan leerders met verskeie gestremdhede, verwelkom altyd enige bystand en ondersteuning uit die gemeenskap.

Onlangs het Armand du Plessis, voormalige Mnr Suid-Afrika, saam met ’n plaaslike skoonheidskompetisie-finalis en ’n modelskool, hande gevat om rolstoele aan die skool te skenk.

“Dit volg nadat ek verlede jaar my ADP Foundation-organisasie bekendgestel het tydens my 10-jaar viering as Mnr Suid-Afrika, waar hierdie projek deel was van die stigting se gemeenskapsinisiatiewe,” het Armand verduidelik.

Die skool het die rolstoele met ope arms ontvang. Skoolhoof Mapule Mngomezulu het beklemtoon dat enige bystand en donasies ’n groot verskil aan die leerders se lewens maak.

“Rolstoele is veral uiters belangrik vir ons leerders, aangesien hulle daaruit uitgroei en hul mobiliteit met tyd beïnvloed word, wat ook ’n impak het op hul onderrig,” het sy verduidelik.

Armand du Plessis, skoolhoof Mapule Mngomezulu en adjunkhoof Freddie Jordaan. Photo supplied

Mapule het verder genoem dat wanneer leerders nie behoorlike rolstoele het nie, dit nie net hul mobiliteit affekteer nie, maar ook hul menswaardigheid en onderwys.

“Dit affekteer dit hul postuur en ruggraat, wat ’n rippel-effek op hul gesondheid het, veral vir dié wat aan sport deelneem,” het sy bygevoeg.

Sy het verder verduidelik dat daar verskeie maniere is waarop die gemeenskap by die skool betrokke kan raak en sodoende ’n positiewe impak op die leerders kan maak. Gemeenskapslede kan byvoorbeeld as vrywilligers help, onder andere met die versorging en ondersteuning van leerders.

Mngomezulu het afgesluit deur te sê dat enige persoon wat meer betrokke wil raak, die skool se Facebook-blad  https://www.facebook.com/share/18QRP7JvLs/?mibextid=wwXIfr kan besoek of die skool direk kan kontak by 011 668 8200 om reëlings te tref.

Lees hier: Curamus School fundraiser promotes inclusion while raising funds

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button