School sportSport

Top atleet deur na Afrika Kampioenskappe

Sy het ook gekwalifiseer om in Julie aan die Junior Wêreldkampioenskappe in Pole deel te neem.

Liza Kellerman van Hoërskool Monument het by die SA Skole Atletiekkampioenskap in Bloemfontein goud gewen in die 800m. Haar skittertyd was twee minute sewe sekondes.

Tydens die kampioenskappe, wat verlede maand gehou is, het sy ook haar persoonlike beste tyd van 0:55.55 in die 400m geëwenaar en die silwermedalje gewen.

Sy het aan die begin van April aan die ASA Kampioenskappe in Germiston deelgeneem waar sy weer goud gewen het met ‘n tyd van 2:07 in die 800m, net soos in Bloemfontein.

Liza het ook aan die ASA Night Series by Pilditch in Pretoria deelgeneem en eerste plek behaal toe sy teen top senior atlete deelgeneem het. Sy het met ‘n tyd van 2:06:40 gekwalifiseer om op 30 April aan die Afrika Kampioenskappe in Lesotho deel te neem.

Sy het ook gekwalifiseer om in Julie aan die Junior Wêreldkampioenskappe in Pole deel te neem, indien ASA haar in die span sou insluit.

Liza het verlede jaar in Colombia aan die Youth World Championships deelgeneem.

Meer oor Liza:

• Goud vir Liza in Mauritius

• Talle medaljes vir Monnas atlete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button