Monnas se jukskeispelers beïndruk
Jean en Tinus is ingesluit in die onderskeie nasionale spanne.
Hoërskool Monument-leerlinge Jood Scholtz en Jean Nel het die SA Onder 30 jukskeidubbels gewen en daarmee die gouemedaljes ingepalm. Die SA Kampioenskappe is gedurende die skoolvakansie in Kroonstad gehou.
Tinus Barnard het vier gouemedaljes vir SA in die ouderdomsgroep 50 jaar en ouer gewen, wat dubbels insluit. Hy het ook medaljes by die Provinsiale en Nasionale Kampioenskappe asook in die toetswedstryd teen Namibië ingepalm.
Jean en Tinus is ingesluit in die onderskeie nasionale spanne wat aan die einde van April met Namibië in Windhoek gaan kragte meet.
Lees verder:
[VIDEO] Ligte, kamera en aksie by Monnas
Top atleet deur na Afrika Kampioenskappe
