School sportSport

Monnas klop Waterkloof in die reën Monnas behaal groot sege oor Waterkloof

Monnas en Waterkloof pak mekaar in die reën en modder.

Hoërskool Monument se rugbyspanne het die Mutual & Federal Interskole Rugbykragmeting teen Hoërskool Waterkloof op Saterdag (15 Mei) oortuigend gewen.

Monnas het die wedstryd aangebied wat in die nat en koue toestande gespeel is.

Die eerstespanwedstryd, wat op televisie uitgesaai is, het afgeskop met massas ondersteuners van albei skole wat op die pawiljoene gejuig het, ten spyte van die koue.

Die wedstryd is in die reën gespeel, maar dit het niemand weggehou nie.
Die wedstryd is in die reën gespeel, maar dit het niemand weggehou nie.

“Die eerstespanwedstryd se afskop is met harde reën begroet. Tog het albei spanne probeer om die bal lug te gee. Dit was Monnas se haker en kaptein, PJ Beertjie Botha wat eerste oorgeduik het,” het die skool se bemarking- en skakelbeampte Eben Vermaas vertel.

Monnas het uiteindelik die wedstryd 37–7 gewen, wat ook hul grootste oorwinning in hierdie kompetisie oor Waterkloof was.

Sewe uit die agt wedstryde wat die onder 14-, 15- en 16-spanne teen Waterkloof gespeel het, het Monnas gewen. Monnas se tweede-, derde-, vierde- en vyfdespan het ook as wenners weggedraf.

Lees verder:

Monnas unbeated at rugby festival

Monnas rugby sorg vir nog ‘n Tuks Skole oorwinning

Monnas part of superb rugby festival

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button