Fietsryer wen liga
Die Graad 10-leerling het vertel dat om kalm te wees, die geheim is.
‘n Plaaslike fietsryer het onlangs die Parys Skole Fietsryliga in die reën en modder gewen.
Deane van Wyk in die drie wedrenne van die liga gery.
“Ek het heeltyd met twee minute voorgeloop. Ek dink die geheim was om rustig te bly,” het sy aan die News vertel.
Deane ry vir Hoërskool Monument se bergfietsklub waar sy ses dae ‘n week onder Kyle Wood se toesig oefen. Sy het haar vir die afgelope jaar-en-‘n-half aan die sport toegewy.
Na nog drie ligas gaan Deane probeer om vir die nasionale kampioenskappe te kwalifiseer waar sy hoop om Suid-Afrikaanse kleure te verower.
“Ons werk hard om dit moontlik te maak,” het sy gesê.
Dié Graad 10-leerling het verduidelik dat sy, danksy die roetes wat sy op haar bergfiets sien, ‘n liefde vir die natuur ontwikkel het. Op Sondae, wanneer sy tussen 60 en 80 kilometer moet trap, waardeer sy dit al hoe meer.
Deane gaan binnekort weer aan ‘n wedren deelneem en hoop om daar ook goeie resultate te behaal terwyl ook op akademiese gebied wil presteer.
Lees verder:
Monnas-leerlinge wil Saskia nadoen
Fietsryers in dosyne tydens Berge en Dale Classic
