School sportSport

Plaaslike seun slaan ‘n silwer los

Nog 'n silwer vir tennisster Robert Knipe.

Die beste skole tennis, hokkie, netbal, rugby en vlugbal atlete het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Skole Nasionale Kampioenskappe deelgeneem waar ‘n plaaslike seun ‘n silwer medalje vir tennis losgeslaan het.

Die kampioenskappe was Julie in Durban gehou waar ‘n aantal van 522 spelers aan die tennis deelgeneem het.

Hoërskool Noordheuwel se tennistster, Robert Knipe was een van die atlete wat met trots sy provinsie by die Westville Kampus verteenwoordig het.

Die kampioenskappe het op ‘n opwindende noot afgeskop vir Robert wat op drie agtereenvolgende dae in sy enkel-, dubbel- en gemengde dubbel-wedstryde afgereken het met die ander provinsies in die groep.

Hier het Robert al sy wedstryde gewen, en die finale telling was in die van die Gautengspan se guns.

Dit het beteken dat Robert na vier harde dae by die kampioenskappe onoorwonne was na hy al 12 sy wedstryde wen.

Robert Knipe slaan ‘n silwer medalje by die Nasionale Kampioenskappe los. Foto verskaf.

Op die finale dag het die Gautengspan kop-aan-kop teen ‘n baie sterk Noord-Wes-span meegeding.

Ongelukkig het Robert sy finale wedstryd 2/6 en 4/6 verloor in ‘n naelbyt eindstryd. Die Gautengspan het ook 14-22 teen Noord-Wes verloor. Robert, en elke ander speler in die Gauteng tennisspan, het ‘n silwer medalje ontvang.

Die Gautengspan is ook tydens die afsluitingsseromonie bekroon as nasionale kampioene vir die vyfde jaar in ‘n ry.

Die finale medaljetelling vir die Gautengspan was 12 goud, 13 silwer en ses brons.

Soortgelyke artikels:

Jong tennisster wil nog groot hoogtes bereik

Tiaan die tennisster is tops

Elite tennis ready for new year

Tennis practice at local club

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button