Monnas-gholf op setperk van sukses
Hulle gaan in Oktober aan die Suid-Afrikaanse Gholfkampioenskappe in Pretoria deelneem.
Hoërskool Monument het weereens met hul gholfvaardighede beïndruk toe hulle vanjaar derde in die Tuks Skole-gholfreeks geëindig het.
Skole van regoor Gauteng het aan die reeks deelgeneem, onder andere toppresterende skole soos Hoërskool Kempton Park en Florida.
Monnas se A-span het ook aan die Wes-Rand Hoërskole Gholfliga deelgeneem en het as algehele ligawenners weggestap. Die B-span het algeheel vierde in die liga geëindig.
Verder was Monnas se gholfspelers by die Suid-Afrikaanse Skole Gholfkampioenskappe in Oos-London in aksie. Jeane-Andre Cilliers, Zandre Bellingan en Simon du Plooy was deel van die span wat daar deelgeneem het. Die drie het tydens die Wes-Rand Liga vir die Wes-Rand Hoërskole Gholfspan gekwalifiseer.
Hul afrigter Werner van den Berg is lid van die Wes-Rand Hoërskole Gholfunie se bestuur. Hulle gaan in Oktober aan die SA Gholfkampioenskappe, ‘n interprovinsiale toernooi, in Pretoria deelneem.
