School sportSport

Hans sluit by HS Noordheuwel aan

Hans sal in die nuwe seisoen mede-afrigter van Hoërskool Noordheuwel se eerstespan wees

Hans Coetzee, wat geen bekendstelling nodig het in plaaslike rugbykringe nie, is pas aangestel as spesialisafrigter by Hoërskool Noordheuwel.

Hans het jare lank reeds diep spore in skolerugby getrap en het op provinsiale en nasionale vlak groot hoogtes bereik. Benewens skolespanne was hy ook al betrokke by Tukkies, die destydse Randse Afrikaanse Universiteit en die Goue Leeus se seniorspan.

Hans sal in die nuwe seisoen mede-afrigter van Hoërskool Noordheuwel se eerstespan wees en gaan ook sy gewig by die 0.14’s ingooi. Verder gaan hy betrokke wees by die werwing van spelers. Dit is ‘n uitdaging wat hy met albei hande aangryp.

“Ek is baie lojaal en sien daarna uit om my jarelange ondervinding met Nories te deel.

Rugby lê my na aan die hart en dit is my doel om seuns te ontwikkel tot die beste van hul vermoëns. Spelers moet terugkyk en hul skolerugby as ‘n verrykende ervaring sien,” het Hans gesê.

‘n Mens kan sien dat Hans ‘n trotse man is – iemand wat dissipline as baie belangrik beskou en wat glo aan waardes en tradisies as dit by rugby kom. Met jare se ondervinding weet hierdie vriendelike breier waaroor afrigting gaan en word hy verwelkom in Hoërskool Noordheuwel se geledere. Daar word met groot verwagting uitgesien na sy betrokkenheid by die Nories.

Vir enige navrae kan dr JAC Fourie by 011 954 1021 geskakel word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button