Editor's choiceSchool sportSport

Bastion wys wie’s baas

Die skool het ook dié seisoen ‘n verstommende totaal van 26 Sentraal-Wes-spelers opgelewer.

Hoërskool Bastion se rugbyspelers hul harte uitgespeel tydens hul laaste tuisbyeenkoms in die Goue Leeus Liga toe hulle teen Hoërskool Linden kompeteer het.

Op Saterdag, 9 Junie het die o.15A-span teen Linden gewen en is deur na die uitspeelrondtes.

Die eersterugbyspan in aksie. Foto ingestuur.

Vir die matriekseuns was dit egter ‘n baie emosionele dag aangesien dit hul laaste tuiswedstryd vir hul skool, en ook die laaste wedstryd van die liga was.

Die skool het ook dié seisoen ‘n verstommende totaal van 26 Sentraal-Wes-spelers opgelewer.

“Al die spanne het ongelooflik goed gevaar. Ons is veral trots op die eerstespan wat sewe uit sewe wedstryde in die Puk-rugbyreeks gewen het,” het Wesley Pretorius, Bastion se rugbyorganiseerder vertel.

Die eersterugbyspan in aksie. Foto ingestuur.

Verder spog Bastion met B-spanne in al die ouderdomsgroepe asook ‘n derdespan in die grootskoleliga.

“Vir my lê die sukses in die holistiese ontwikkeling van elke speler. Hier word afrigters en spelers ontwikkel. Ons ontwikkel die B-spanspeler in ‘n A-spanspeler,” het Wesley gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button