Editor's choiceSchool sportSport

Kennies pak Wonderboom op Loftus

Groot name het dié seisoen die knie voor die 'Swart Masjien' gebuig.

Op Vrouedag was daar ‘n noord-suid botsing op Loftus Versfeld toe Laerskool Kenmare (Goue Leeus-ligawenners) teen Laerskool Wonderboom (Bloubul-ligawenners) in ‘n voorwedstryd uitgedraf het.

Kennies het Wonderboom laat les opsê met ‘n telling van 31–12.

Die oorwinning van Kennies se ‘Swart Masjien’ oor LS Wonderboom was een vir die geskiedenisboeke. Foto’s: Verskaf.

Laerskool Kenmare presteer nie net op akademiese en kulturele gebied nie. Die skool se rugbyspanne het die afgelope seisoen uitsonderlik presteer. Nie minder nie as 15 seuns is in die onderskeie Goue Leeus-spanne ingesluit en vyf is vir die Cravenweek-span gekies. Die eersterugbyspan het boonop die kroon gespan deur as die wenners van die Goue Leeus-liga aangewys te word.

Die oorwinning van Kennies se ‘Swart Masjien’ oor LS Wonderboom was een vir die geskiedenisboeke. Foto’s: Verskaf.

Groot name het dié seisoen die knie voor die ‘Swart Masjien’ gebuig en hulle word nou beskou as een van die twee top laerskoolspanne in die land.

Baie geluk aan hierdie spelers, jul maak jul skool en gemeenskap baie trots.

Die oorwinning van Kennies se ‘Swart Masjien’ oor LS Wonderboom was een vir die geskiedenisboeke. Foto’s: Verskaf.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button