Kennies-krieketknape kraai koning
Na 'n suksesvolle seisoen is die skool saam met die onderskeie afrigters ongelooflik trots op die 41 spelers wat hul Gauteng-Wes provinsiale kleure vir krieket tydens 'n 'capping'-seremonie ontvang het.
Laerskool Kenmare is onlangs behoorlik uit die veld geslaan toe ‘n enorme aantal van hul krieketspelers in hul onderskeie ouderdomsgroepe vir Gauteng-Wes-spanne gekies is.
Na ‘n suksesvolle seisoen is die skool saam met die onderskeie afrigters ongelooflik trots op die 41 spelers wat hul Gauteng-Wes provinsiale kleure vir krieket tydens ‘n capping-seremonie ontvang het.
Daar is uit elke graadgroep – van die o.9’s tot die o.13’s – ‘n gemiddeld van agt spelers gekies, wat ‘n buitengewoon groot aantal spelers uit een skool is.
Afrigters Berné Grobler, DJ Cope, Alwyn Burgen, Ruard van Rooyen en Pierre Human het vertel hoe hard die spelers geoefen het om die prestasie te kon behaal, en glo dat hul ondersteuners nie die laaste van dié groep seuns gesien het nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
