Monnas moker met mag
Monnas het 181 lopies vir vyf paaltjies aangeteken terwyl Nories 180 lopies aangeteken het.
Op Saterdag, 14 Oktober het Hoërskool Monument (Monnas) se eerstekrieketspan daarin geslaag om 181 lopies vir vyf paaltjies aan te teken terwyl Hoërskool Noordheuwel (Nories) 180 lopies aangeteken het.
Hulle het gevolglik as Gauteng-Wes-ligawenners uit die stryd te tree toe hulle in die eindstryd die verdedigende kampioene op hul tuisveld met vyf paaltjies geklop het.
Monnas se Brandford Hees het 150 lopies gemoker, en Nathan Hoffman en Dylan Lues het elk 25 lopies behaal.
Monnas-afrigter, George Engelbrecht het vertel hoe hy die seuns al ‘n week voor die wedstryd begin motiveer het met boodskappe wat hy elke dag aan sy spanlede gestuur het.
“Ek het hulle aangemoedig om nie op die opponent te fokus nie maar eerder op hul strategie en tegniek. Die seuns se fokus was merkwaardig,” het hy vertel.
George spog met ‘n Krieket Suid-Afrika Vlak 3-afrigtingsertifikaat. Alwyn Vorster, wat ook by die afrigting betrokke is, dra waardevolle krieketkennis en ervaring as amateurskrieketspeler (Vrystaat, Westelike Provinsie en Natal) tot die span by. Hy is boonop ‘n Krieket Suid-Afrika Vlak 2-afrigter.
Dié kampioenspan speel Saterdag, 21 Oktober in hul eerste wedstryd van die Noordvaal-reeks teen Hoërskool Dr EG Jansen se eerstes.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
