Editor's choiceSchool sportSport

Monnas bied prettige rugbybyeenkoms aan

Dié dag was daar 'n groot aantal rugbyliefhebbers, party langs die kole en ander op die punte van hul stoele.

By Hoërskool Monument (Monnas) was daar ‘n groot aantal rugbyliefhebbers, party langs die kole en ander op die punte van hul stoele, toe hulle vir die eerste keer ‘n Vir Wie Skree Jy?-byeenkoms aangebied het. Toeskouers moes hul rugbyspan bitter versigtig kies.

Roelf Jacobs is vasbeslote om ‘n drie te druk. Foto: Mari van der Walt.

Op Monnas se Ras van Rooyen-veld het daar twee wedstryde plaasgevind – die eerste een tussen die Monnas-ouers en die Monnas-onnies. Dit is egter veilig om te sê dat die ouers ‘n behoorlike rugbyles geleer is in die wedstryd wat met 35–5 in die onnies se guns geëindig het.

Daarna het oud-Monumentare – die Monnas Oldies – hul naam op hul tuisveld hoog gehou toe hulle Middelburg Oldies ‘n pakslae gegee het wat skrik vir niks. Die eindtelling was 44–19 in die guns van die Monnas Oldies.

Joachim Stander is gereed om sy span te verteenwoordig. Foto: Alanicka Lotriet.

Rugby-hoof Tjaart van der Walt beskou die dag as ‘n reuse sukses en bedank graag almal wat deelgeneem het, asook dié wat ondersteun het.

“Dit was vet pret, daarom wil ek, saam met die skool, almal bedank wat die dag moontlik gemaak het. Ons maak sommer gou weer so,” het hy ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button