Gewigstoot is nie vir sissies nie
Dané Roets wat volgende jaar in Graad 10 sal wees het deur die jaar aan ongeveer ses groot kompetisies deelgeneem.
Hoërskool Noordheuwel spog weereens met een van hul gewigstoot- en diskussensasies nadat sy vanjaar behoorlik die koppe laat draai het met verskeie nuwe rekords en gouemedaljes.
Dané Roets, wat volgende jaar in Graad 10 sal wees het deur die jaar aan ongeveer ses kompetisies deelgeneem waartydens sy, met die hulp van haar afrigter Pierre Blignaut, telkens hoër hoogtes bereik het.

Nadat sy aan die distriks- en Gauteng-kampioenskappe deelgeneem het, het sy vir die derde agtereenvolgende jaar die SA-kampioenskappe vir haar ouderdomsafdeling gewen. Vanjaar het sy die nuwe Suid-Afrikaanse o.15-gewigstootrekord van 15,76 meter opgestel.
Daarna was sy die wenner van die Naboom Top 20-byeenkoms met ‘n nuwe rekord van 15,87 meter. In Oktober het sy eerste plek verower toe sy ‘n nuwe rekord van 16,16 meter tydens die PUK Potchefstroom Top 30 opgestel het. Tydens haar mees onlangse kompetisie, die Soncini Social Cohesion Games in Germiston, het sy weereens die eerste plek behaal.
Wat haar diskusprestasies aanbetref het sy vir die tweede agtereenvolgende jaar eerste geëindig tydens die Gauteng-kampioenskappe. Sy het ook ‘n derde plek behaal tydens die SA-kampioenskappe en was eerste by die Soncini Games.

Dané is verder gekies om Split Seconds en Vision Sport aanstaande jaar tydens ‘n toer in Europe te verteenwoordig. Sy boonop lid van die Gauteng-span wat volgende jaar in Italië aan die Soncini Games gaan deelneem.
Haar doelwit vir volgende jaar is om vir die Jeug Olimpiese Spele te kwalifiseer sodat sy haar land kan verteenwoordig. Sy werk tans hard om verder as 18 meter te gooi sodat sy ‘n medalje vir Suid-Afrika kan verower.
“Dis lekker om te wen, maar dis nie altyd so maklik om daar uit te kom nie,” het sy ten slotte vertel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
