Hoërskool Bastion spog met twee Springbok-jukskeispelers na die afgelope Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat in Kroonstad plaasgevind het.
Devan van der Velde het vir die derde agtereenvolgende jaar vir die Suid-Afrikaanse span gekwalifiseer en het in die 0.16-span van onderskeidelik Gauteng en SA, asook in die o.19 SA-span deelgeneem.
Dilan Bouwer is in die Suid-Afrikaanse o.16 Akademiespan opgeneem.
Hul volgende toernooi vind in Maart plaas.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
