Editor's choiceSchool sportSport

Noordskool moker met mening

Die skool is trots op die uitsonderlike prestasie en skryf die sukses van die hokkiespanne aan toegewyde en entoesiastiese afrigters, gemotiveerde spelers en ondersteunende ouers toe.

Laerskool Krugersdorp-Noord (Noordskool) moker met mening aangesien drie van hul A-hokkiespanne dit vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar reggekry het om as die wenners van die D2-liga weg te stap.

Gedurende 2017 was die o.10-, o.11- en o.13-span weereens onoorwonne. Hulle spog ook met hul o.13A-hokkiespan wat met harde werk, toewyding en deursettingsvermoë vir die afgelope vier jaar – in hul o.10- tot o.13-jaar – onoorwonne uit dié liga gestap het.

Die skool is trots op die uitsonderlike prestasie en skryf die sukses van die hokkiespanne aan toegewyde en entoesiastiese afrigters, gemotiveerde spelers en ondersteunende ouers toe.

“Aan die begin van die hokkieseisoen woon die afrigters en spelers ‘n hokkie-afrigtingskamp by.

Tydens die kamp word hokkievaardighede aan die spelers geleer, samehorigheid en spangees word gekweek en die dogters leer sekere basiese lewensvaardighede,” het afrigters Charné Froneman, Jody Botha, Chanél van Dyk en Christien du Buisson vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button