Kennies ryg toekennings in
Alhoewel hulle bekend is vir hul puik rugby, gee dié toekenning erkenning aan al die sportsoorte wat by die skool aangebied word.
Laerskool Kenmare (Kennies) is verheug dat hulle as die 2017 Sport Laerskool vir die Jaar aangewys is. Alhoewel hulle bekend is vir hul puik rugby, gee dié toekenning erkenning aan al die sportsoorte wat by die skool aangebied word.

Die toekenning is tydens die Sport, Youth and Culture and Values Awards Ceremony oorhandig wat onlangs by Pro-Practicum School plaasgevind het toe die uitblinkers in die distrik beloon is.
Daarmee saam het verskeie leerders, spanne, afrigters en amptenare van die skool met ‘n handvol toekennings en trofeë weggestap. Dié toekennings sluit in:
• Tegniese amptenaar van die jaar: Pieter Maritz (derde plek)
• Manlike atleet van die jaar:
Eerste – Cian de Villiers
Tweede – Zain Henery
Derde – Marcey de Waal
• Sportspan van die Jaar: Rugby (derde plek)
• Laerskool van die jaar: Laerskool Kenmare (Sport)
• Spesiale toekenning: Peter du Toit (Krieket)
“Ons is bitter dankbaar vir die toekennings wat ons ontvang het, asook die genade wat daarmee saamgegaan het. Ek is ook ongelooflik trots op elke Kennies-personeellid en wil hulle graag bedank vir die ekstra myl wat hulle altyd bereid is om te loop,” het skoolhoof Wouter Immelman vertel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
