Atlete wys hoekom hulle tops is
Noordheuwel het weereens 'n suksesvolle Top 15 Atletiekbyeenkoms by UJ aangebied.
Die reuk van afsitterspistool hang in die lug, die atlete se spykerskoene klap op die tartanbaan en die opgewonde aankondiger se stem weergalm oor die sportveld.
Om die draai tel die voorste drie atlete spoed op en toe hulle naby die wenpaal voor die hoofpawiljoen kom, spring die skare op en moedig vir hul gunstelinge luidkeels aan.
Toe die voorste atleet sy laaste desperate tree uitgeput oor die eindstreep gee, omhels sy ondersteuners mekaar met trane van blydskap in hulle oë.
Dit was een van die tonele wat by die Top 15 Skole Atletiekbyeenkoms by die Universiteit van Johannesburg se sportkompleks afgespeel het. Die geleentheid was die 30ste byeenkoms van sy soort waarheen nagenoeg 60 skole van regoor Gauteng genooi is om deel te neem.
Uithaleratlete van skole wat onder meer die Wes-Rand verteenwoordig het, soos Hoërskool Riebeeckrand, Noordheuwel, Bastion, Monument en Krugersdorp High School het hul talente op die baan en veld ten toon gestel.
Hoërskool Monument het derde onder die Top 3-skole geëindig, ‘n prestasie waarop hulle baie trots is. Monnas het al ses keer tevore die byeenkoms gewen, en Noordheuwel het ook al ‘n keer bo al die ander spanne getriomfeer.
Die volledige uitslae is beskikbaar op Twitter by @NoriesTop15.
Hier is vanjaar se Top 10-atletiekskole:
1. Prestige College
2. Menlopark
3. Monument
4. Helpmekaar
5. Garsfontein
6. Forward
7. Montana
8. Kempton Park
9. Transvalia
10. Noordheuwel

Foto: Bianca Pindral.

Foto: Alanicka Lotriet.

Foto: Bianca Pindral.

Foto: Bianca Pindral.

Photo: Alanicka Lotriet.

Foto: Alanicka Lotriet.

Foto: Alanicka Lotriet.

Foto: Bianca Pindral.

Foto: Alanicka Lotriet.

Foto: Alanicka Lotriet.

Foto: Alanicka Lotriet.

Foto: Alanicka Lotriet.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
