Editor's choiceSchool sportSport

Bastion se eerstespan kry nuwe truie

Jarelange tradisie weer voortgesit

Hoërskool Bastion se eersterugbyspan het onlangs nuwe tuis- en wegtruie ontvang.

Volgens Wesley Pretorius, die skool se rugbydirekteur, is hulle baie dankbaar vir hierdie gebaar van hul borge, P&P Security en Steel Pipes for Africa Westrand. “Die tradisie van ‘n tuis- en wegrugbytrui is een wat ongelukkig al vir ‘n paar jaar nie meer bestaan het nie, en danksy ons borge kan ons nou weer hierdie trotse tradisie in ons skool terugbring. Dit is ook ‘n belegging wat hulle in die gemeenskap, en veral in ons kinders maak. En dit is vir ons lekker om te weet dat plaaslike besighede nog in ons skool glo.”

Die spelers sal voortaan al hul tuiswedstryde in die wit trui speel en vir wegwedstryde sal hulle in die blou trui pronk.

Corrie Vrey van Steel Pipes for Africa Westrand het bygevoeg, “Ek glo dat plaaslike besighede plaaslik moet belê”.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button