Noordskool stuur hul pêrels Paarl toe
Noordskool bedank ook hiermee alle atlete, ouers en afrigters vir die suksesvolle seisoen.
Laerskool Krugersdorp-Noord het twee Gauteng-atlete gestuur om aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe te gaan deelneem. Die byeenkoms het op 16 en 18 Maart in Paarl in die Wes-Kaap plaasgevind.
Quintin Botha, die skool se atletiekorganiseerder, het die twee atlete vergesel.

Foto: Ingestuur.
Miguel Correia do Ribeiro het die gewigstoot vir o.12-seuns met ‘n afstand van 14,15m gewen. Miguel het hard gewerk tydens die seisoen en was onoorwonne tydens elke byeenkoms waaraan hy vanjaar deelgeneem het.
“Noordskool is trots op Miguel. ‘n Groot dankie aan sy ouers vir hul ondersteuning,” het Quintin gesê.

Foto: Ingestuur.
Zahné van den Berg het negende geëindig in die spiesgooi vir o.12-dogters.
“Ons is trots op Zahné met die prestasie en die harde werk wat sy insit om te presteer. Ons bedank ook graag haar afrigter, Marna van der Merwe,” het Quintin gesê.

Foto: Ingestuur.
Noordskool bedank ook hiermee alle atlete, ouers en afrigters vir die suksesvolle seisoen. “Ons mik daarna om volgende jaar tydens ons feesjaar nog hoër hoogtes te bereik,” het hy afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
