Monnas gereed om te presteer op provinsiale vlak
Dié kampioenskappe sal binnekort in Potchefstroom plaasvind.
Hoërskool Monument (Monnas) is baie trots op nege van hul atlete wat onlangs in die Gauteng Skolespan vir deelname aan die SA Kampioenskappe opgeneem is.
Dié kampioenskappe sal binnekort in Potchefstroom plaasvind. Dit sal ook dien as ‘n platform vir honderde atlete regoor die land om hul vaardighede ten toon te stel.

Die spanbestuurder, Juan Strydom het vertel dat dit die atlete se beloning vir hul harde werk is en bedank graag alle afrigters wat bygedra het tot die atlete se prestasie.
Monnas wens hul atlete sterkte toe met al die byeenkomste wat voorlê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!