Mullies-atlete maak opslae
Tydens die kampioenskappe wat by Hoërskool Noordheuwel plaasgevind het, het honderde atlete van regoor die Wes-Rand met mekaar meegeding.
Laerskool Muldersdrift (Mullies) is verheug oor hul vier atlete wat op distriksvlak tydens die D2 Kampioenskappe in Krugersdorp presteer het.
Tydens die kampioenskappe wat by Hoërskool Noordheuwel plaasgevind het, het honderde atlete van regoor die Wes-Rand met mekaar meegeding.

Ses Mullies-atlete het oorspronklik deurgedring en die volgende vier het in hul onderskeie items presteer:
• Marnu Bouwer – Eerste plek in verspring en derde plek in die 1 200m
• Marco Barnard – Tweede plek in hoogspring
• Mia Roets – Sewende plek in 150m hekkies
• Bianca van Zyl – Tiende plek in 200m en 11de plek in 200m hekkies
Marnu het verder opslae gemaak toe hy tydens die SA Kampioenskappe wat onlangs in Paarl plaasgevind het ‘n vierde plek in die 1 200m en ‘n agste plek in verspring behaal het .
“Hulle het die vrugte gepluk van die seisoen se harde werk en is daarvoor beloon,” het sportorganiseerder, Wessel Lotter vertel.
Die skool is saam met Wessel trots op die atlete en hul prestasies.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
