Editor's choiceSchool sportSport

Monnas-netbaldogters blink tuis uit

Die senutergende eerstespanwedstryd was ook een om nie mis te loop nie.

Op Donderdag, 12 April het Hoërskool Noordheuwel (Nories) en Hoërskool Monument (Monnas) se beste netbalspanne mekaar op Monnas se bane uitgedaag.

Monnas is trots om aan te kondig dat hulle vier uit nege wedstryde gewen het, asook een gelykop gespeel het. Die o.15A-span het gesorg vir een van die dag se hoogtepunte toe hulle met 34–11 gewen het.

Die senutergende eerstespanwedstryd was ook een om nie mis te loop nie aangesien dit ondersteuners op die punte van hul sitplekke gehou het. Monnas se uitmuntende doelskiettegniek het egter gesorg dat hulle met ‘n wentelling van 25–20 kan spog.

Die res van die spanne het so gevaar:

o.14A Nories 29–15 Monnas

o.14B Nories 18–14 Monnas

o.15A Nories 11–34 Monnas

o.15B Nories 17–17 Monnas

o.16A Nories 17–24 Monnas

o.16B Nories 15–20 Monnas

o.17A Nories 21–18 Monnas

o.19A Nories 20–25 Monnas

o.19B Nories 28–15 Monnas

Monument se netbalhoof, Erika Steyn is geweldig trots op die dogters en die afrigters se toewyding omdat hulle alles insit om sukses te behaal.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button