Editor's choiceSchool sportSport

Vyf van Noordskool se hokkiebokkies in D2-spanne

Toernooie, ligas en ander wedstryde lê voor vir hierdie puik spelers.

Laerskool Krugersdorp-Noord spog met hulle hokkiedogters wat in die D2-hokkiespanne en -oefengroepe ingesluit is.

Die D2-spanne, ook bekend as die Gauteng-Wes-spanne, sal aan die skoleliga deelneem.

Noordskool het verlede jaar uitgeblink in die D2-liga en puik spelers opgelewer. Die skool sien daarna uit om weereens ‘n span in die liga te hê, wat volgende kwartaal sal begin.

Die volgende dogters is gekies om tydens die Junie/ Julie-skoolvakansie aan verskeie toernooie deel te neem: Zahné van den Berg en Marsielle Nel is in die o.12-span, en Mia Kruger, Chanél Genis en Tyala Prinsloo is in die o.13-span. Estuné van Eeden, Lanali van der Merwe, Shawna Naude, Clarisse Willemse en Shaylee Cordier het vir die D2-oefengroep gekwalifiseer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button