Bastion se hokkiebokkies deur na Noordvaal
Hulle wen beide uitspeelwedstryde
Hoërskool Bastion se eerstedogtershokkiespan het vir die Noordvaal-toernooi gekwalifiseer nadat hulle hul uitspeelwedstryde gewen het. Die toernooi vind later vanjaar plaas
Die eerste wedstryd was teen Hoërskool Fochville. Daar was ‘n hele paar beserings aan albei kante in dié harde wedstryd wat Bastion met 3–1 gewen het.

Hulle volgende wedstryd was teen Krugersdorp High School. Dit was ‘n baie opwindende wedstryd waartydens nie een span wou bes gee nie. Die telling aan die einde van die wedstryd was gelykop (2–2) en die uitslag is deur strafdoele bepaal.
Die toeskouers (en afrigters) was baie senuweeagtig, en dit het aanvanklik gelyk of dit weer gelykop gaan eindig, maar die Bastion-spelers het kalm gebly en kop gehou, en uiteindelik met 4–2 gewen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
