School sportSport

Proties se netbal is bo

Die spanne het an die ligawedstryde, D2-kampioenskappe en Jomo-uitspele deelgeneem.

Laerskool Protearif se o.12-netbalspan is trots daarop dat hulle tweede in die provinsiale netballiga geëindig het.

Die o.12-netbalspan saam met hul afrigter, Elize Janse van Vuuren. Agter is Zané Dutton, Zanté Coetzee, Nicole Evens en Ilanie Dutton. Voor is Chrislyn Francisco, Megan Coetzee en Linike Roos.
Foto: Bianca Pindral.

Elize Janse van Vuuren, die span se afrigter, het toegesien dat hulle na die D2-kampioenskappe deurdring, waar hulle die wenners was. Die o.12’s het ook vir die Jomo-uitspeelwedstryde gekwalifiseer, waar die span sesde geëindig het.

Proties se 0.13-span saam met hul afrigter, Vennessa Frey. Agter is Lanél van den Berg, Anastazia Hough, Lalique Wehmeyer en Tracey-Laine Greenwood-Selby. Voor is Gabriéla McLean, Esmaré Botha, Chalíz Welgemoed, Dionne Coetzee en Cloe Keogh.
Foto: Bianca Pindral.

Maar dis nie al nie – Proties se o.13-span was ook eerste in die provinsiale netballiga en in die D2-kampioenskappe. Hulle afrigter, Vennessa Frey, is trots dat haar span derde in die Jomo-uitspele geëindig het.

Esmaré Botha (onderkaptein), Vennessa Frey (afrigter) en Chalíz Welgemoed (kaptein) van die o.13-span.
Foto: Bianca Pindral.

Die o.13’s het later aan die Gauteng-netbalkampioenskappe by Krugersdorp High School deelgeneem. Die kompetisie by die kampioenskappe was baie straf en hulle het negende geëindig.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button