Monnas-rugbymanne haal uit en wys
Monnas het met selfvertroue die wedstryd aangepak nadat hulle die Garsie Bere vroeër vanjaar in die Tuks-reeks geklop het.
Vroeër in Junie het Hoërskool Garsfontein van Pretoria af Krugersdorp toe gekom om Hoërskool Monument (Monnas) op hul tuisveld uit te daag.
Monnas – die heersende Virseker-beker kampioen – het met selfvertroue die wedstryd aangepak nadat hulle die Garsie Bere vroeër vanjaar in die Tuks-reeks met 68–31 geklop het.

Garsies het egter vir Monnas verras en na ‘n senutergende wedstryd weggestap met ‘n oorwinning van 49–39. Alhoewel Monnas se eerstespan (beter bekend as die Witbulle) nie ‘n oorwinning kon behaal nie, het hul o.14 A-, o.14 B-, o.15 A- en o.15 B-span met merkwaardige tellings weggestap.
Die Witbulle het egter nie bly lê nie en het op Saterdag, 16 Junie Hoërskool Dr EG Jansen op hul tuisveld met ‘n telling van 62–36 verslaan het.
Die res van die spanne het so gevaar:
Monnas vs Garsfontein
o.14A-span:
Monnas 40–17 Garsfontein
o.14B-span:
Monnas 53–0 Garsfontein
o.15A-span:
Monnas 38–5 Garsfontein
o.15B-span:
Monnas 49–12 Garsfontein
o.16A-span:
Garsfontein 41–29 Monnas
o.16B-span:
Monnas 22–12 Garsfontein
Derdespan:
Monnas 19–15 Garsfontein
Tweede span:
Garsfontein 29–27 Monnas
Witbulle:
Garsfontein 49–39 Monnas
Monnas vs Dr EG Jansen
o.14A-span:
Dr EG Jansen 26–22 Monnas
o.14B-span:
Monnas 31–12 Dr EG Jansen
o.15A-span:
Monnas 40–7 Dr EG Jansen
o.15B-span:
Monnas 65–3 Dr EG Jansen
o.16A-span:
Dr EG Jansen 19–18 Monnas
o.16B-span:
Monnas 14–14 Dr EG Jansen
Derde span:
Monnas 48–6 Dr EG Jansen
Tweede span:
Monnas 36–7 Dr EG Jansen
Witbulle:
Monnas 62–36 Dr EG Jansen
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
