Kennies-rugby is Goue Leeus-kampioene
Dié finale het op Saterdag, 16 Junie by Hoërskool Alberton plaasgevind.
Laerskool Kenmare is trots om aan te kondig dat drie van hul rugbyspanne uitstekend gevaar het in die onlangse Goue Leeus Super Liga-finale.
Dié finale het op Saterdag, 16 Junie by Hoërskool Alberton plaasgevind waar die o.9A-span, o.11A-span en die eerstespan (ook bekend as die Swartmasjien) behoorlik oor hul opponente getriomfeer het.

Die o.9A-span met afrigters Peter du Toit en Hennie Maré het Laerskool Randhart met ‘n telling van 13–5 geklop.
Die o.11A-span met afrigters Peter en Kevin Kinghorn het ook teen Randhart uitgespeel en met ‘n telling van 10–0 gewen.
Na ‘n taai wedstryd teen Laerskool Florida het die Swartmasjien met afrigters Berné Grobler en DJ Cope weggestap met ‘n wen van 33–19.

Volgens Kennies-adjunkhoof Kevin Kinghorn het 10 van Kennies se spanne ingeskryf vir die liga wat in Maart afgeskop het.
Daardie spanne het 73 wedstryde gespeel waarvan hulle slegs 11 verloor het.

Kennies is trots op hul rugbyspanne wat die afgelope drie jaar in 10 Goue Leeus Liga-finale gespeel het en dit reggekry het om agt trofeë huis toe te neem.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
