Skyfskiet ‘n tweede natuur vir Bastion-leerder
Hy verower vir 'n tweede agtereenvolgende jaar sy Gauteng-kleure, waarvoor hy dan 'n GSSU-teël ontvang.
Michael Berning is begin Augustus by die Gauteng Skole Skuttersunie (GSSU) se Spanaankondigingsdinee tot die Gauteng Lions-span verkies wat in Oktober aan die SA-kampioenskappe sal deelneem.
Hy verower vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar sy Gauteng-kleure, waarvoor hy dan ‘n GSSU-teël ontvang.
Hy ontvang ook sy lapelwapen nadat hy al sy MQS-punte in ligawedstryde behaal het. Daarmee saam ontvang hy ‘n sertifikaat vir deelname vir al die 3P- en 10m-ligas.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
