Editor's choiceSchool sportSport

Bastion hokkie-span struikel by Prestige-reeks

Hulle het al vier wedstryde verloor

Hoërskool Bastion se seniorhokkiespelers het aan die afgelope Prestige-reeks by Hoërskool Noordheuwel deelgeneem.

Die span het uit spelers van die eerste-, tweede- en o.16-hokkiespan bestaan en alhoewel die spelers hul heel beste gegee het, kon hulle nie die mas opkom nie.

Palesa Moabelo op die aanval.

Hulle het wedstryde teen Krugersdorp High School, Noordheuwel Blou, Noordheuwel Wit en Maragon Ruimsig gespeel, en het ongelukkig al vier verloor.

Volgens Retha van der Walt, die span se afrigter, was die wedstryde baie goeie voorbereiding vir aanstaande jaar se hokkieseisoen, en is sy baie tevrede met die meisies se vertoning.

Abigale Swanepoel op die verdediging.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button