Bastion-rugbyspelers neem deel aan Apcan Skolereeks
Dié reeks is goeie blootstelling vir spelers
Twee van Hoërskool Bastion se rugbyspanne het aan die afgelope Apcan Skolereeks deelgeneem.
Wesley Pretorius, die rugbyorganiseerder by die skool, het gesê, “Ons het hierdie reeks gebruik om die volgende generasie spelers, asook die jonger generasie afrigters, blootstelling te gee sodat hulle hul stempel kan afdruk in ons sisteem wat ons in plek het.”
Hy het bygevoeg dat hulle dié reeks ook gebruik het om die spelers in staat te stel om hoëdruk-wedstrydsituasies te ervaar, en dan hul spel dienooreenkomstig te ontwikkel.
Hy het met die volgende woorde afgesluit, “Dit is maklik om net die wenmotief voor oë te hê en sodoende fokus op die toekoms te verloor. Hierdie reeks help ons om op die regte dinge te fokus. Ons is baie trots op hierdie spelers en afrigters.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
