Editor's choiceSchool sportSport

Monnas aangewys as beste rugbyskool

'Die trots en passie van die rugbyspelers, afrigters en ondersteuners is uniek.'

Die skolerugbywebtuiste ruggas.co.za het hul jaarlikse prysuitdeling in September in Kaapstad gehou.

Gedurende die geleentheid is Hoërskool Monument (Monnas) aangewys as die RUGGAS Rugbyskool van die Jaar. Monnas se rugbyhoof en eerstespanafrigter, Tjaart van der Walt is boonop aangewys as Afrigter van die Jaar.

“Dit is ’n voorreg om elke dag my passie te kan uitleef, veral by ’n tradisionele skool soos Monnas. Die trots en passie van die rugbyspelers, afrigters en ondersteuners is uniek en ek is dankbaar teenoor my Hemelse Vader vir die seëninge,” het Tjaart gesê.

‘n Ouer van Monnas, Jenny de Villiers is aangewys as RUGGAS se Fotograaf van die Jaar, en ‘n Monnas Graad 8-leerder, Tian Vorster was op versoek van RUGGAS die seremoniemeester tydens die toekenningsaand.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button