Monnas-atletiekmeneer die beste in Gauteng
Juan Strydom is in 2018 aangewys as die provinsie se beste sportafrigter, iets wat jy kan glo as jy so 'n rukkie met hom gesels het.
As jy doen waarvoor jy lief is sal dit nie soos werk voel nie.
Vir Juan Strydom van Hoërskool Monument is sy atlete en die afrigting wat hy gee sy passie. Wanneer hy oor sy atlete begin praat kan mens ‘n kinderlike opgewondenheid in sy stem hoor.
Aan die einde van 2018 is hierdie entoesiastiese afrigter aangewys as Gauteng se Sportafrigter van die Jaar.
Juan het in 2017 by Monnas begin werk en rig hekkies- en naelloopatlete af. Hy en sy atlete oefen elke dag van 2.30nm to 4.30pm, van Maandae tot Saterdae. As hy klaar is by die skool rig hy ook nog atlete by Tukkies af. Sy ervaring as afrigter strek oor 35 jaar strek
Baie van sy atlete het suksesvolle professionele beroepsmense geword.
Hy is daarvan oortuig dat sy toekenning alles te danke is aan twee van sy atlete wat hom verlede jaar trots gemaak het.
Tando Dlodlo, ‘n naelloopatleet wat Juan drie jaar lank afgerig het, het in 2018 die 100m-rekord vir juniors verbeter. Hy was lid van die Suid-Afrikaanse Juniorspan en het Suid-Afrika in die Afrika Seniorkampioenskappe verteenwoordig.
Dan was daar Thebogo Maseema, ‘n driesprongatleet wat aan die Suid-Afrikaanse Juniorkampioenskappe deelgeneem het.
Behalwe vir al die afrigting wat hy by die skool en by Tukkies doen, reis hy ook die land vol en bied afrigterskursusse aan vir alle vlakke van Atletiek SA-afrigters, iets wat hy beslis in 2019 sal voorsit.
Monnas is ook aangewys as 2018 se Atletiekskool van die Jaar en is as ‘n atletieksentrum vir opkomende atlete deur Atletiek Suid-Afrika genomineer.
Waarop die trotsste in sy loopbaan is, is die 84 atlete wat hy gehelp het om tot op nasionale vlak te presteer. Sommige van hulle het selfs internasionale bekendheid verwerf.
Op 25 Januarie sal Monnas ‘n uitnodigingsbyeenkoms aanbied waartydens hulle teen Menlopark, Kempton Park en Wesvalia sal deelneem.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
