[FOTO’s] Hoërskool Noordheuwel wys wat groot gees is
Leerlinge van Hoërskool Noordheuwel pak hul interhoër-atletiekdag met groot entoesiasme aan, en die atlete stel selfs 'n paar rekords op.
Geesvang-rasieleiers by Hoërskool Noordheuwel weet hoe om opgewondenheid en afwagting onder hul spanne en ondersteuners te laat opbou.
Nories het onlangs hul atletiekhuissport gehou waartydens drie spanne – die Romeine, Germane en Spartane – op die baan, die veld en die pawiljoen meegeding het; in laasgenoemde kategorie om te bepaal wie die beste skoolgees kon vang.

As deel van die skouspel het elke span se rasieleiers hul verskyning met groot vertoon gemaak, onder luide toejuiging van die betrokke spanlede.
Atletiek was die fokus van die dag en daar is talle nuwe rekords opgestel.

Die dag was ‘n groot sukses vir Noordheuwel, en die skool en sy leerlinge is gereed vir die groot atletiekbyeenkomste wat voorlê.


Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!