School sportSport

Honderd jaar van atletiek by Noordskool

As deel van hul eeufeesvieringe het Noordskool 10 ander laerskole genooi om sake op die atletiekbaan en -veld te kom uitspook.

Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs ‘n groot geleentheid van hul jaarlikse atletiekbyeenkoms gemaak deur 10 laerskole in die omgewing te nooi vir ‘n dag van vriendskaplike kompetisie. Dit was deel van die skool se eeufeesvieringe.

Barnard van der Westhuizen hou Noordskool se naam hoog deur die wennersplek op die podium in te neem.

Die laerskole wat genooi is, het oor die jare noue bande met Noordskool gesmee. Hulle is Horison, Randfontein, Dr Havinga, Jan Cilliers, Fochville, Fontainebleau, Florida, Helderkruin, Muldersdrif en Monument Primary wat in groot getalle opgedaag het. Daar het ‘n goeie gees geheers toe die eerste skoot om 2nm geklap het en die jongste atleetjies op hul kort beentjies verby die skare geblits het.

Donovan Lombaard styg bo sy kompetisie uit in die hoogspring. Foto’s: Jaco Human.

Talle atlete het hierdie geleentheid gebruik om hulself te bewys en die onderskeie skole kon ook hul eie spanne finaliseer wat aan ander byeenkomste gaan deelneem.

Ondanks die reën was die byeenkoms ‘n reuse sukses.

Regardt Hoeksma van Noordskool is rats oor die hekkies om sy kompetisie van Fontainebleau in die stof te laat byt.
Dihan Geldenhuys sit alles in in die gewigstoot.
Shane Niemandt en Cyris Bothma haal alles uit in die 200m-hekkies.
So vier Laerskool Krugersdorp-Noord hul 100 jaar van atletiek.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button