Bastion-skuts skiet in die kol
Hulle behaal uitstekende prestasies tydens eerste ligabyeenkoms

Twee leerders van Hoërskool Bastion het baie goed presteer tydens die eerste ligabyeenkoms vir die jaar.
Die byeenkoms het by Durban Deep-skietbaan plaasgevind.
Michael Berning het met die luggeweer ‘n eerste plek in die 3P-Sporter, asook ‘n eerste plek in die 10M Staan MQS Sporterkategorie behaal.
Leané de Klerk het met die luggeweer ‘n tweede plek in die 10M-staankategorie behaal (geen MQS).
Hierdie skuts het ook hul seisoen verlede jaar op ‘n hoë noot afgesluit, met Michael wat ‘n derde plek in die .22 Voorgee, ‘n tweede plek in die Luggeweer Voorgee en ‘n eerste plek in die Junior .22 Voorgee behaal het.
Leané het ‘n eerste plek in die o.16-dames Luggeweer Voorgee behaal, en doktor Hardus van Loggerenberg het ‘n tweede plek in die seniors .22 Voorgee (F-klas) behaal.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
