Monnas skop stof in ander se oë by uitnodigingsbyeenkoms
Monnas het hul eerste byeenkoms vir vanjaar aangebied en Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Menlopark het kom deelneem.
Hoërskool Monument het hul eerste uitnodigingsatletiekbyeenkoms vir vanjaar by die skool aangebied.
Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp en Hoërskool Menlopark van Pretoria is genooi om teen hulle te kom meeding en dit was ‘n groot sukses.
Teen 3nm was die pawiljoene volgepak met toeskouers en die atlete in die kleure van hul onderskeie skole was gereed vir aksie. Ongelukkig het die reën die byeenkoms kortgeknip en al die items kon nie afgehandel word nie.
Monnas het toe reeds 24 eerste plekke verower.
Benewens die fenomenale atletiek wat opgedis is, het die skole se ondersteuners die pawiljoene lewe gegee met hul sang en danspassies.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
