School sportSport

Monnas-hoofseun het ‘n blink rugbytoekoms

Henco van Wyk, Monnas se 2019-hoofseun het onlangs gewys dat hy 'n groot toekoms in rugby het toe hy vir die o.18 Suid-Afrikaanse 7's-oefenspan gekies is.

Hoërskool Monument se hoofseun van 2019, Henco van Wyk, 18, het onlangs sy skool baie trots gemaak toe hy by die Suid-Afrikaanse o.18 Sewes Rugby-oefengroep ingesluit is. Dié groep gaan van 8 to 10 Februarie ‘n oefenkamp in Kaapstad bywoon.

Henco volg in die voetspore van ‘n vorige Monnas-hoofseun, Burger Odendaal, wat in 2012 deel was van die Suid-Afrikaanse o.18 Sewes Rugby-span. Burger draf deesdae vir die Blou Bulle en die Japanse klubspan Kubota Spears uit.

“Ons glo dat Henco ‘n blink toekoms het want hy het beslis ‘n massiewe hoeveelheid talent,” het Tjaart van der Walt, Monnas se eerstespanafrigter gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button