School sportSport

HS Noordheuwel bied belangrike rugbykonferensie aan

Een van Suid-Afrika se belangrikste rugbykonferensies is by Hoërskool Noordheuwel aangebied.

Hoërskool Noordheuwel het vroeër in Februarie, gasheer gespeel vir rugbyafrigters tydens die jaarlikse MasterCoach-rugbykonferensie.

Sowat 100 professionele en skole-afrigters het by die skool byeengekom om hul ondervinding en kennis met mekaar te deel. Buiten vir die tyd wat hulle binne die skoolsaal besig was, het die afrigters met die hulp van ‘n paar Norie-rugbyspelers hul metodes prakties op die rugbyveld uitgebeeld.

Hoërskool Noordheuwel-hoof, doktor JAC Fourie saam met die Southern Kings Pro14-afrigter Deon Davids en Nories-afrigter Hans Coetzee. Foto: Jaco Human.

Afrigters van regoor Suid-Afrika het die konferensie bygewoon; sommiges van so ver as Paarl, Tzaneen en Polokwane.

Die MasterCoach-program, wat sedert 2014 bestaan, is daarop gemik om begaafde, individuele spelers te identifiseer en hul vaardighede baie verder te ontwikkel as wat hul normale oefenprogramme hulle bied. Só wil hulle ook die spel in die algemeen ontwikkel. Dit word alles gedoen met die insette van verskeie professionele spelers en afrigters van binne en buite die program.

Norman Edwards breek deur die verdediging en druk ‘n drie. Foto: Jaco Human.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button