School sportSport

Noordskool-atlete dring deur na Gauteng Kampioenskappe

Noordskool se atlete het alles uitgehaal tydens die Krugersdorp Kampioenskappe en talle het eerste plekke behaal.

Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs baie goed presteer tydens die Krugersdorp Kampioenskappe waar 56 skole se atlete meegeding het om die gesogte topplekke.

Dit was duidelik dat dit die topatlete van elke kluster was wat aan die kampioenskappe deelgeneem het. Die kompetisie was straf en Noordskool moes hard werk om bo uit te kom.

JJ Basson en Nadia Strydom het albei goed presteer by die Krugersdorp Kampioenskappe. Foto: Jaco Human.

Die atlete wat die beste tydens dié kampioenskappe presteer het, het in aanmerking gekom vir deelname aan die Gauteng Kampioenskappe. Daar was talle van Noordskool se topatlete in dié groep.

In die spiesgooi en gewigstoot het Zahné van den Berg (o.13) en Miguel Correia do Ribeiro (o.13) eerste plekke behaal.

In die verspring het die eerste plekke gegaan aan Klara Vahrmeijer (o.11), Kaitlin Zinn (o.12) en Barnard van der Westhuizen (o.10).

Miguel Correia do Ribeiro, Klara Vahrmeijer en Zahné van den Berg wys dat hulle nommer een is in atletiek. Foto: Jaco Human.

Barnard het ook eerste geëindig in die 80m- en 100m-naellope.

Onder die ander presteerders was Keegan Coetzee met ‘n vierde plek in die 1 200m, JJ Basson was tweede in die hoogspring, Michael Nel was tweede in die 70m-hekkies en Aidan Coetzee het in die 60m vir o.8’s tweede geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button