School sportSport
Ebies se Jessica presteer
Laerskool Ebenhaeser se Jessica McKenzie is op pad om 'n groot naam in skolesport te word.
So jonk as wat sy is, veroorsaak Jessica McKenzie reeds ‘n opskudding in die skolesportgemeenskap. Sy het onlangs deurgedring na die Distrik 2-atletiekkampioenskappe waar sy ‘n algehele derde plek as verteenwoordiger van Laerskool Ebenhaeser behaal het.
Sy was die enigste o.11-leerling van die skool wat gekies is om aan die kampioenskap deel te neem.
Sy was ook al ‘n lid van ‘n o.10-seunsrugbyspan vir die Harlequins Rugbyklub.
Verlede jaar was Jessica haar skool se Sportdogter van die Jaar en die victrix ludorum. Dit lyk of daar nog groot dinge vir hierdie sportdogter voorlĂȘ

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
