School sportSport

Monnas-atlete neem deel aan nasionale atletiekkampioenskappe

Monnas-atlete is na twee nasionale kampioenskappe in die vakansie genooi en het keer op keer briljant presteer.

Hoërskool Monument het in die eerste skoolvakansie van vanjaar nege van hul leerders na die nasionale atletiekkampioenskappe gestuur.

Hierdie provinsiale atlete het alles gegee gedurende die atletiekseisoen en hulle het beslis hierdie eer verdien.

Madri Rabe, Rozario Williams en Cian de Villiers het die Gauteng-skolespan by die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe van 21 tot 23 Maart in Port Elizabeth verteenwoordig. Madri het algeheel sesde in die verspring geëindig. Rozario het ‘n derde plek in die 110m-, vierde plek in die 400m- en ‘n indrukwekkende eerste plek in die 100m-naelloop behaal. Cian het ook goed gevaar en ‘n eerste plek in gewigstoot en ‘n derde plek in diskus verwerf. Hy is boonop as die beste junior veldatleet van die kompetisie aangewys.

Ruzel Geldenhuys, Juandré de Bruin, Alara Eich, Olebogeng Tlhapi, Tebogo Maseema, Madri Rabe, Corné Pennells en Rozario Williams het die voorreg gehad om Sentraal-Gauteng Atletiek by die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe van 28 tot 30 Maart in Paarl te verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button