School sportSport
Netbaltrots vir Noordskool
Met die finale uitdunne vir die Gauteng-proewe wat voorlê is Noordskool trots op hul dogters wat ondanks sterk kompetisie deurgedring het.
Vier dogters van Laerskool Krugersdorp-Noord het met trots hul skool se naam hoog gehou by die Gauteng-netbalproewe wat op Saterdag, 13 April plaasgevind het.

Die o.13-speler Larah Yeates het saam met o.12-spelers Zané Jansen van Vuuren, Confidence Seletswane en Danika Haman aan die proewe deelgeneem waartydens meer as 100 netbalspelers per ouderdomsgroep meegeding het om ‘n plek in die Gauteng-span te probeer kry.
Larah en Confidence het deurgedring na die finale rondte van die Gauteng-proewe wat op 1 Mei aangebied sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
