School sportSport

Proties en Mullies in ‘n stryd om te wen

Proties se rugbymanne het onlangs teen Mullies sin te staan gekom tydens 'n rugby dag by Muldersdrif.

Die pawiljoene van Laerskool Muldersdrif was onlangs volgepak met geesdriftige leerders en ouers.
Dit was tyd vir Laerskool Muldersdrif, of Mullies, se eersterugbyspan om teen Laerskool Protearif, of Proties, se eerstes te staan te kom.

Malik Stander en Kyle Leonard van Mullies probeer vir Zander Vorster van Proties keer.

Al die rugbymanne het hard gespeel om hul wedstryde te wen – van die heel jongstes tot by die eerstespan.
Proties se eerstes het eerste op die veld uitgedraf, gevolg deur Mullie die Meerkat en Mullies se eerstes.
Na ‘n taai wedstryd was dit egter Proties se eerstespan wat naelskraap koning gekraai het met ‘n telling van 26 teenoor Mullies se 25.

Zander Vorster van Proties neem ‘n vryskop.

Muldersdrif se o.8-, o.10- en tweedespan het egter almal as oorwinnaars uit die stryd getree.
Mullies se tweedespan het met ‘n telling van 21 teenoor 19 gewen, en die o.10’s het 36 punte teenoor Proties se 21 behaal.
Die toeskouers het lekker gees gevang om hul rugbyspanne aan te spoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button