School sportSport
Norie-stoeier op pad Bulgarye toe
Riehan Botha is besig om naam te maak in die stoeiwêreld.

Hoërskool Noordheuwel se eie Riehan Botha het onlangs bewys dat hy goed op pad is om ‘n stoeier van formaat te word.
Na ‘n onlangse kompetisie is Riehan en net een ander seun gekies om deel te neem aan die gesogte More Than Medals-stoei-oefenkamp wat deur die United World Wrestling-organisasie aangebied word.
Riehan is ook gekies om aan die wêreldkampioenskap deel te neem wat vroeër in Augustus in die hoofstad van Bulgarye, Sofia begin het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
