Noordskool-trompoppies reik na die sterre
Die Dynamic Eagles het vanjaar talle pryse gewen en hul skool se sportspanne tot oorwinning aangevuur.
Die Noordskool-trompoppies staan nie terug vir strawwe kompetisie nie. Die Dynamic Eagles het vanjaar aan verskeie kompetisies deelgeneem, en elke slag ‘n eerste of tweede plek behaal.

Onder leiding van onderwysers en afrigters, Isie Haupt, Amorie Marais en Tenichia Laubscher, het die jongklomp in minder as ‘n jaar hul roetines tot perfeksie ingeoefen. Gedurende die D2- (Gauteng-Wes-distrik-) kampioenskappe het hulle ‘n algehele tweede plek behaal. By RACA (Randfontein Arts and Culture Association) het die Dynamic Eagles ‘n diamanttoekenning ontvang en hulle is by die Roodepoort Dance Festival aangewys as die beste laerskolegroep.
Baie geluk aan hierdie leerders!

