School sportSport

Monnas-spelers haal Gauteng-krieketspanne

Monnas se eerstekrieketspan het onlangs Helpmekaar laat les opsê.

Die spelers van Monnas se eerstekrieketspan het onlangs hul staal gewys toe hulle Helpmekaar Kollege se span met 74 lopies geklop het.

Die wedstryd het by Wits Universiteit plaasgevind, waar Monnas 271 lopies vir nege paaltjies na 50 boulbeurte behaal het.

Corne Vermeulen van Monnas het 82 lopies gemoker, Zayne Human het 51 aangeteken en Ethan Klassen het 41 behaal.

Helpmekaar het 197 lopies almal uit binne 48,3 boulbeurte aangeteken. Dylan Lues het twee paaltjies vir 45 lopies geneem, terwyl Tian Ehlers ook twee paaltjies vir 45 lopies gekry het. Riaan Delport het 14 lopies afgestaan en ook twee paaltjies geneem.

Hoërskool Monument se eerstekrieketspan het gevolglik deurgedring na die GM Noordvaal-kompetisie.

Die skool is boonop baie trots om aan te kondig dat drie van hul krieketspelers in Gauteng-krieketspanne opgeneem is. Ricky Brules is gekies vir die o.19 B-span, Amo Taunyane vir die o.17B-span en Kieran Knight vir die o.15B-span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button