School sportSport

Monnas-atlete blink uit

Drie van Monnas se atlete het uitstekend presteer by 'n onlangse byeenkoms.

Die Hoërskool Monument-atlete het uitstekend presteer by die Elardus Erasmus Gedenkatletiekbyeenkoms in Naboomspruit.

Drie van die skool se atlete, die 15-jarige Cian de Villiers (twee keer 1 450 punte), die 14-jarige Amari van Niekerk (1 247 punte) en die 14-jarige Morne Venter (1 200 punte) het almal 1 200 punte en meer op die ABSA-tabel behaal.

Die Monnas-atlete twaalf keer prestasies behaal wat hulle meer as 1 200 punte besorg het, en 14 waarvoor hulle meer as 900 punte behaal het.

Cian de Villiers en Morne Venter.

Cian is ook aangewys as die beste o.15-seunsatleet, die beste o.15-atleet en die beste seunsatleet by die byeenkoms. Hy het dié toekennings gekry nadat hy ‘n gewigstootrekord wat reeds 14 jaar gestaan het, verbeter het.

Die Monnas-seuns het saam in die vyfde plek geëindig, wat volgens die skool ‘n verbetering op verlede jaar is.

Jaun Strydom, Monnas se atletiekhoof, het gesê hy is baie trots op die atlete wat so hard gewerk het en baie goed presteer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button